Bloudrukplan / Blueprint

AFRIKAANS

Hierdie een enkele selletjie, wat die bloudrukplan van babatjie se lewe inhou, se taak is om hierdie mensie te bou tot ongeveer 75 triljoen selletjies wat elk dieselfde DNA sal bevat as die een oorspronklike bevrugte selletjie.

Die Skepper God Self, vorm hierdie babatjie.

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken;

en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; … Jer. 1:5blog-5-400

ENGLISH

This single fertilized cell, containing the blueprint of baby’s life, now sets out to accomplish the task of building this little one to approximately 75 trillion cells, each containing exactly the same DNA as the very first cell.

The Creator god Himself,  forms this little baby

Before I formed thee in the belly I knew thee; and before thou camest forth out of the womb I sanctified thee… Jer. 1:5.

DNA

AFRIKAANS

Hierdie bevrugte selletjie het biologies nou lewe aangesien dit aan die volgende vereistes voldoen:

  • Metabolisme
  • Groei
  • Reaksie op stimuli
  • Reprodusering

Baba het nou sy/haar eie DNA wat uniek is nie dieselfde as die DNA van Pappa of Mamma nie.

ENGLISH

Biologically the fertilized cell has life because it meets with the following requirements:

  • Metabolism
  • Growth
  • Reaction to stimuli
  • Reproduction

Baby now has his/her own DNA that is unique and different from the DNA of Daddy or Mommy.

Categories DNA

Chromosome / Chromosomes

fertilized egg bevrugte eiersel

AFRIKAANS

Dit neem ongeveer 20 ure vir die een selletjie van Pappa en een selletjie van Mamma om gekombineer te word in ‘n nuwe selletjie.  46 Chromosome met 30 000 gene word saamgespan om al die fisiese karaktertrekke soos die geslag van die nuwe mensie, sy of haar gelaatstrekke, liggaamstipe, die kleur van die haartjies, vel en , vas te lê.

Wonderbaarlik is babatjie se persoonlikheid, temperament en intelligensie, asook die manier waarop gedink en gevoel word, alreeds opgesluit in die genetiese kode.blog-3-400

Op die oomblik van bevrugting word die nuwe mensie uniek en essensieël MENS!

ENGLISH

It takes about 20 hours for Daddy’s one cell and Mommy’s one cell to be combined. 46 Chromosomes combines with 30 000 genes, containing all the physical attributes such as the gender of this new baby, his or her facial features, build, colour of the hair, the skin and eyes.

Miraculously baby’s personality, temperament and intelligence as well as the way in which he/she thinks and feels has already been written into the baby’s genetic coding.

At the moment of conception, this new little person becomes uniquely and essentially HUMAN!

The Miracle / Die Wonderwerk

AFRIKAANS

blog-2-egg-cell400“Wonderwerk” word dit genoem want luister net hierna:

Die dag voordat bevrugting plaasvind, ovuleer Mamma en ‘n piepklein eierselletjie word vrygestel, wat maar net ‘n kwart millimeter in deursnee is!  Pappa, op sy beurt, het sowat een tot twee maande gelede al ‘n hele klompie spermselletjies vervaardig.

Jy is’n gebore WENNER want een van die ongeveer 300 miljoen mikroskopies klein spermselletjies, was in afwagting om dié een te wees wat die doelwit bereik om lewe te skep.

Hierdie nuwe babatjie is ‘n wenner en jy was ook die verkose een! 

Die geskiedenis van Pappa en Mamma se families vir geslagte en geslagte word oorgedra.  En o ja, Pappa bepaal of hierdie enetjie ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie gaan wees!

En dit alles pas in ‘n selletjie wat 1 miljoenste van ‘n millimeter wyd en 0,005 mm lank is!

ENGLISH

“Miracle” it is called. Just listen to this blog-2-sperm-cell400

The day before conception, Mommy’s ovulation takes place and a minute egg cell is released.  It is only a quarter of a millimetre in diameter!  Daddy in turn, started producing a large number of sperm cells one to two months before

You were born a WINNER because one of the more or less 300 million microscopic sperm cells were awaiting the possibility to become the one cell to reach the target and conceive life.

This new little baby is a winner and so were you!

Daddy’s and Mommy’s family history spanning generation upon generation, is now part of this new baby.  Oh yes, Daddy carries the determining factor, of whether it will be a boy or a girl!

This all fits into a tiny cell that is 1 millionth of a millimetre wide and 5 thousandth of a millimetre in length.