AFRIKAANS
Dit neem ongeveer 20 ure vir die een selletjie van Pappa en een selletjie van Mamma om gekombineer te word in ‘n nuwe selletjie. 46 Chromosome met 30 000 gene word saamgespan om al die fisiese karaktertrekke soos die geslag van die nuwe mensie, sy of haar gelaatstrekke, liggaamstipe, die kleur van die haartjies, vel en oë, vas te lê.
Wonderbaarlik is babatjie se persoonlikheid, temperament en intelligensie, asook die manier waarop gedink en gevoel word, alreeds opgesluit in die genetiese kode.
Op die oomblik van bevrugting word die nuwe mensie uniek en essensieël MENS!
ENGLISH
It takes about 20 hours for Daddy’s one cell and Mommy’s one cell to be combined. 46 Chromosomes combines with 30 000 genes, containing all the physical attributes such as the gender of this new baby, his or her facial features, build, colour of the hair, the skin and eyes.
Miraculously baby’s personality, temperament and intelligence as well as the way in which he/she thinks and feels has already been written into the baby’s genetic coding.
At the moment of conception, this new little person becomes uniquely and essentially HUMAN!